Bijan (ontwerper)
Bijan Pakzad (Engels: [biˌʒæn ˈpɑːkzɑːd]; Persies: بیژن پاکزاد, [biːʒæn pɑːkzɑːd], * 4 April 1940 in Teheran; † 16 April 2011 in Beverly Hills, Kalifornië), algemeen bekend as Bijan, was 'n Amerikaanse mode- en fyngeurontwerper van Iranse afkoms.
Bijan Pakzad | |
---|---|
Gebore | |
Sterf | 16 April 2011 (op 62) |
Nasionaliteit | Iran Verenigde State |
Beroep | Ontwerper |
Bekend vir | Ontwerp van mode vir mans, mans en vroue se geure |
Eggenoot | Sigi Pakzad (geskei) Tracy Hayakawa (geskei) |
Kinders | 3 |
Webwerf | bijan.com |
In sy befaamde luukse winkel The House of Bijan, 'n paleisagtige gebou in die Mediterreense styl op Rodeo Drive, Beverly Hills wat teen 'n koste van $12 miljoen opgerig is en sy deure op 27 Oktober 1976 as "die wêreld se duurste winkel" geopen het,[1] het Bijan in die modebehoeftes van welvarendes en magtiges voorsien – maar altyd slegs per afspraak. Onder diegene, wat wél afsprake kon (en kan) maak, is staatshoofde, nyweraars, presidente en eerste ministers (soos Barack Obama en Tony Blair), konings en keisers gereken.
Bijan se modewinkel in Beverly Hills is in 2016 vir $122 miljoen aan die multinasionale Franse onderneming LVMH verkoop wat hom op luukse goedere toespits.[2]