Blood Diamond (rolprent)
Blood Diamond is 'n Amerikaanse rolprent uit 2006. Die rolprent is vir Oscar-toekennings benoem en geregisseer deur Edward Zwick. Die hoofrolle word vertolk deur Leonardo DiCaprio, Jennifer Connelly en Djimon Hounsou. Die titel verwys na bloeddiamante, dit wil sê, diamante wat in oorlogsones ontgin word en ter ondersteuning van hierdie konflikte verkoop word. Op 23 Januarie 2007 is die film genomineer vir vyf Oscar-toekennings, insluitend Beste Akteur (Leonardo DiCaprio) en Beste Ondersteunende Akteur (Djimon Hounsou).[1][2][3]
Verhaal
wysigBederwingswaarskuwing: Die storielyn of storie se einde volg hieronder.
Die rolprent speel af tydens die burgeroorlog in Sierra Leone. Die film beeld 'n land uit wat verskeur is deur die stryd tussen die regering en die rebelle, met beide kante skaars bekommerd oor onskuldige burgerlike slagoffers.
Die film begin met die gevangeneming van die visserman Solomon Vandy (Djimon Hounsou) deur die Revolutionary United Front (RUF). Solomon word geskei van sy familie en soos 'n slaaf behandel. Hy word in die diamantmyne, onder bevel van Kaptein Poison (David Harewood), aan die werk gesit. Die diamante word deur die RUF gebruik om wapenaankope te finansier.
Terwyl hy in die diamantvelde werk, vind Salomo 'n groot pienk diamant. Oomblikke voordat die regeringsmagte 'n aanval op die rebelle loods, sien Kaptein Poison vir Solomon met die diamant, maar hy het net genoeg tyd om die diamant te begrawe voordat hulle deur die regerinsmagte gevange geneem word.
In die tronk ontmoet Solomon vir Danny Archer (Leonardo DiCaprio), 'n voormalige soldaat van die Suid-Afrikaanse Weermag wat gearresteer is vir diamantsmokkelary. Wanneer Archer hoor hoe Kaptein Poison op Solomon skree oor die ontdekking van die pienk diamant, besluit hy om dit te help vind. Hy bied Salomo sy hulp aan om sy familie te vind in ruil vir die diamant.
Verwysings
wysig- ↑ Dunkley, Cathy (24 Februarie 2004). "WB leaving 'Okavango' to Leavitt". Variety. Besoek op 1 November 2014.
- ↑ Faye, Denis (2006). "Diamond Scribe". Writers Guild of America West. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2014. Besoek op 1 November 2014.
- ↑ Brodesser, Claude (28 Junie 2005). "WB polishes 'Diamond'". Variety. Besoek op 1 November 2014.