Bloukransrivierbrug
Die Bloukransrivierbrug is 'n boogbrug langs die Tuinroete met 'n lengte van 451 meter en 'n horisontale span van 272 m. Die brug troon 216 m oor die bedding van die Bloukransrivier uit. Dit is 'n enkelboog-betonbrug wat tussen Februarie 1980 en Junie 1983 gebou is. Bloukransrivierbrug is die langste betonboogbrug in Afrika.[1]
N2 Nasionale pad
wysigDie N2 nasionale pad gaan oor die brug, wat die grens tussen die Oos- en Wes-Kaap vorm, tussen Nature's Valley en Coldstream. Dit is sowat 43 km oos van Plettenbergbaai — 'n ent anderkant die tolpad, as mens oos ry. Indien mens vanuit Port Elizabeth se rigting ry, is die brug 20 km wes van Stormsrivier.[2][3]
Rekspring
wysigDaar word gereeld rekspronge (bungee jumping) van die brug af gemaak. Dit is per slot die hoogste reksprong ter wêreld.[2]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ 2,0 2,1 Padlangs deur Suid-Afrika. 2010. ISBN 978-1-77007-751-5
- ↑ Passes & Poorts. Getaway. Marion Whitehead. ISBN 978-1-77009-805-3
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bloukransrivierbrug.