Bokklootjies
Bokklootjies of beesklootjies, ook (eufemisties): -kloutjies (Argyroderma testiculare (Aiton) N.E.Br.) is vetplante wat tussen die kwarts van die Knersvlakte endemies is. Dit behoort tot die familie Aizoaceae en word op die SANBI-rooilys as seldsaam gelys, omrede dit net in 'n klein gebied voorkom (kleiner as 300 km²), maar nie daar bedreig is nie.[1]
Bokklootjies | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Argyroderma |
Spesie: | A. testiculare
|
Binomiale naam | |
Argyroderma testiculare (Aiton) N.E.Br., (1922)
| |
Sinonieme | |
|
Dit is 'n dwergplantjie wat nie groter as 15 cm word nie. Die blare is dik en lyk soos 'n eier wat in twee helftes gekap is. Die blommetjies is pers met 'n geel hart.[2]
Verwysings
wysig- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
- ↑ "houseplantexpert" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017.