Maak hoofkeuseskerm oop

Die bosveldvisvanger is 'n lid van die genus Halcyon wat in Afrika voorkom. Bosveldvisvangers is uiters aggressiewe verdedigers van hul gebied en sal selfs mense aanval wat as 'n bedreiging voorkom.

Bosveldvisvanger
Woodland Kingfisher (Halcyon senegalensis) South Africa.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
H. senegalensis
Binomiale naam
Halcyon senegalensis
(Linnaeus, 1766)

IdentifikasieWysig

In vergelyking met die ander visvangervoëls is die bosveldvisvangers van medium grootte en 20–23 cm in lengte. Die volwassenes het 'n helderblou rug, vlerkpaneel en stert. Hulle koppe, nekke en onderdele is wit en hulle het swart skouers. Die vlug van die bosveldvisvangers is vinnig en direk. Die groot snawel het 'n rooi bo-kaak en 'n swart onderkaak en die bene is helderrooi. Sommige voëls het 'n gryserige kop, wat verwarring met die manglietvisvanger veroorsaak.

Die gedeelte tussen die snawel en die oog is egter donker en skep 'n donker streek deur die oog (die streep stop by die oog in die geval van die manglietvisvanger). Die wit bors van die bosveldvisvanger is ook anders as die gryser bors van die manglietvisvanger.

Daar is nie 'n verskil tussen die voorkoms van die mannetjies en wyfies nie, maar die jonger voëls se kleure is nie so helder nie en hulle het 'n bruin snawel.

HabitatWysig

Die bosveldvisvanger, soos sy naam aandui, is 'n algemende spesie in die bosveld of ander bebosde en boomagtige gebiede, veral waar Akasiabome voorkom. Alhoewel die voël 'n "visvanger" is, kom hy in droër habitatte voor en kan soms ver van water woon. Bosveldvisvangers is alleenlopers, maar kan ook in klein groepe aangetref word.

VerspreidingWysig

Bosveldvisvangers kom in die tropiese dele van Afrika voor: Suid van die Sahara en Noord van Pretoria. Die voëls woon hoofsaaklik binne 8° van die ewenaar, maar Noordelike en Suidelike bevolkings migreer wel na die ewenaar tydens droë seisoene.

VoortplantingWysig

Daar word tipies drie ronde, wit eiers gelê. Die nes word egter nie self gebou nie, maar gate in bome (soos dié wat deur 'n houtkapper gemaak word) word gebruik.

VoedselWysig

Die bosveldvisvanger jag van 'n oop tak af, of sal stil sit in gedeeltelike skaduwee en na kos soek. Die prooi is meestal 'n wye veskeidenheid insekte, maar ook spinnekoppe en ander geleedpotiges, slange, visse en paddas.

GeluidWysig

Die geluid van hierdie luidrugtige voël is 'n harde tril.

Ander nameWysig

  • Engelse naam: Woodland Kingfisher
  • Wetenskaplike naam: Halcyon senegalensis

Sien ookWysig

BronneWysig