Brandgas
Brandgas of stookgas is 'n brandbare gas en bestaan gewoonlik uit koolwaterstowwe (soos metaan, biogas of propaan), waterstof of koolstofmonoksied.
In die nywerheid word brandgas hoofsaaklik gebruik om hitte te verskaf aan oonde wat ander strome warm maak of indien daar 'n oormaat brandgas beskikbaar is word dit gebruik in ketels om stoom te maak, eerder as om dit af te fakkel.