Brandon October
Brandon October (gebore 30 Mei 1977) is 'n Suid-Afrikaanse sanger, TV-aanbieder en akteur. Hy het in 2002 die tweede plek (net na Heinz Winckler) in die Suid-Afrikaanse weergawe van die sangekompetisie Idols verower. Sy debuutalbum, Temptation is in Oktober 2003 vrygestel en word in 2004 vir 'n SAMA-toekenning in die kategorie Beste Popalbum genomineer. October is 'n aanbieder op kykNET en mede-aanbieder van die gewilde Supersterre-TV-musiekkompetisie wat op op SAUK2 gebeeldsend word.[1][2]
Brandon October | |
---|---|
Geboortenaam | Brandon Steve October |
Gebore | 30 Mei 1977 Kaapstad, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Sanger, akteur |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 2002 - nou |
Etikette | Sony BMG |
Webwerf | brandonoctober.net |
Diskografie
wysig- Temptation CD, 2004
- Idols Christmas Album, 2006
- Skouspel CD, 2006
- Skouspel DVD, 2006
- Daar Waar Liefde Staan CD, 2007
- Kaapse Jol CD, 2007
- Skouspel CD, 2007
- Skouspel DVD, 2007
Verwysings
wysig- ↑ Profiel op ASTV, besoek op 20 Junie 2010.
- ↑ Who's Who SA Geargiveer 8 Junie 2010 op Wayback Machine, besoek op 20 Junie 2010.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- (en) Brandon October se amptelike webtuiste Geargiveer 29 Desember 2010 op Wayback Machine
- Klop Van My Hart op YouTube
- Lewendige opname tydens die Vonk-musiektoekennings op YouTube