Bredasdorpsepter

Bredasdorpsepter (Paranomus abrotanifolius) is 'n struik tot 90 cm (35 duim) hoog, met tweeslagtige bloeisels wat tussen Mei en Desember verskyn. Dit is deel van die proteafamilie. Die spesie kan die losbrande wat in die fynbos voorkom nie oorleef nie. Dit word deur insekte bestuif. Die vrugte los saad ongeveer twee maande na die blomme en hierdie word deur miere na hul ondergrondse neste geneem – waar die omhulsel aan larwes gevoer word. Dit verseker dat die saad nie doodbrand nie – sodat nuwe plante kan ontkiem. Dit is 'n seldsame endemies spesie wat net in omtrent tien mini-streke van die suidkus van die Wes-Kaap in Suid-Afrika voorkom. Dit is kom voor in die Potberggebied van die De Hoop-natuurreservaat en op die Elimvlaktes.

Bredasdorpsepter
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Paranomus
Spesie:
P. abrotanifolius
Binomiale naam
Paranomus abrotanifolius
Salisb. ex Knight, (1809)
Sinonieme
  • Nivenia micrantha Schltr.
  • Paranomus micrantnus (Schltr.) Compton

Galery

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig