Paranomus
genus van plante
Paranomus (septers) is 'n genus wat hoort tot die familie Proteaceae. Die genus bevat 18 spesies en almal is inheems aan die Kaapse floraryk waar dit met die fynbos geassosieer word. Die spesies is almal struike, sommige word tot 3 m hoog. In Engels staan die genus bekend as die sceptres.
Paranomus | |
---|---|
Paranomus roodebergensis | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Salisb., 1807
|
Spesies | |
Sien teks | |
Sinonieme | |
|
Verspreiding en habitat
wysigDie spesies kom voor in die bergagtige gebiede van die Wes-Kaap en Oos-Kaap vanaf die Sederberg tot by Uitenhage. Die meeste spesies word gevind te Caledon, Worcester en Swellendam. Hulle kom baie saam met fynbos voor.[1]
Spesies
wysig- Paranomus abrotanifolius Salisb. ex Knight – Bredasdorpsepter
- Paranomus adiantifolius Salisb. ex Knight – Harigestylsepter
- Paranomus bolusii (Gand.) Levyns – Overbergsepter
- Paranomus bracteolaris Salisb. ex Knight – Bokkeveldpoppiesbos
- Paranomus candicans Kuntze – Poeiersepter
- Paranomus capitatus Kuntze – Fynblaarsepter
- Paranomus centaureoides Levyns – Ladismithsepter
- Paranomus dispersus Levyns – Langkopsepter
- Paranomus dregei Kuntze – Parfuumsepter
- Paranomus esterhuyseniae Levyns – Kougasepter
- Paranomus lagopus Salisb. – Haaspootsepter
- Paranomus longicaulis Salisb. Ex Knight – Poppiesbos
- Paranomus reflexus N.E. Br. – Vanstadensepterboom
- Paranomus roodebergensis (Compton) Levyns – Heuningreuksepter
- Paranomus sceptrum-gustavianus Hyl. – Septerpluimbos
- Paranomus spathulatus Kuntze – Langebergsepter
- Paranomus spicatus Kuntze – Kogelbergsepter
- Paranomus tomentosus N.E. Br. – Harige septerboom
Verwysings
wysig- ↑ Notten, Alice (2010). "Paranomus". PlantZAfrica (in Engels). South African National Biodiversity Institute. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2016. Besoek op 18 Mei 2013.
- ↑ "Paranomus" (in Litaus). The Plant List. 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Januarie 2019. Besoek op 18 Mei 2013.
- ↑ "Paranomus Salisb. 1807". Protea Atlas Project. South African National Biodiversity Institute. Besoek op 22 Mei 2013.[dooie skakel]