Septerpluimbos
Die septerpluimbos (Paranomus sceptrum-gustavianus) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Paranomus behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom van die Hottentots-Hollandberge tot die westelike Langeberg asook die Elim-vlaktes.
Septerpluimbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Paranomus |
Spesie: | P. sceptrum-gustavianus
|
Binomiale naam | |
Paranomus sceptrum-gustavianus (Sparrm.) Hyl., (1954)
| |
Sinonieme | |
|
Die struik word tot 1.8 m hoog. Die onderste blare van die struik is fyn verdeel en die boonste is lepel- of diamantvormig. Die blomme is in klein hofies, 16 - 22 mm lank en in silindriese are saamgebondel. Die struik blom van Julie tot Maart. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word twee maande nadat die plant geblom het ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei op sandsteen hellings op hoogtes van 150 - 500 m.
In Engels staan die struik as King Gustav's Sceptre bekend.
Galery
wysigBronne
wysig- REDLIST Sanbi
- Protea Atlas
- Biodiversityexplorer
- PlantZAfrica
- Manning, John: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies. ISBN 978 1 920217 01 3
- Plants of the World Online