Bosveldreënpadda
(Aangestuur vanaf Breviceps adspersus)
Die bosveldreënpadda (Breviceps adspersus) is 'n padda wat in die noordelike en oostelike gedeelte van Suid-Afrika voorkom. Dit kom ook in die Tuinroete voor. Die padda se rug is bruin, taankleurig en dofgeel gevlek met die pens wat wit is. Die padda bring die grootste gedeelte van sy lewe ondergronds in 'n slapende toestand deur. Dit verskyn dikwels in groot getalle na reën. Die hoofvoedsel is termiete.
Bosveldreënpadda | |
---|---|
'n Bosveldreënpadda in Limpopo | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. adspersus
|
Binomiale naam | |
Breviceps adspersus | |
Sinonieme | |
|
Bron
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bosveldreënpadda.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Bosveldreënpadda