Bridgitte Hartley
Bridgette Hartley (gebore op 1 Julie 1983) is 'n Suid-Afrikaanse kanovaarder. Sy is verbonde aan TuksSport by die Universiteit van Pretoria.[1]
Hartley se eerste Olimpiese Spele was die Somerspele van 2008 in Beijing. Hier neem sy aan die 500 m-wedvaart (K-2) deel, maar word reeds in die halfeindronde uitgeskakel.
Sy wen haar eerste brons medalje met die 1000 m-wedvaart (K-1) in 2009 by die ICF Canoe Sprint World Championships in Dartmouth, Kanada. Hiermee word sy die eerste persoon van beide Suid-Afrika en Afrika om 'n medalje tydens die kampioenskappe in te palm.
Sy wen 'n nog bronsmedalje tydens die Olimpiese Somerspele van 2012 in Londen in die eindstryd van die 500 m-wedvaart (K1) vir vroue.
Verwysings
wysig- ↑ http://www.sports-reference.com/olympics/athletes/ha/bridgitte-hartley-1.html Geargiveer 21 Oktober 2012 op Wayback Machine Bridgitte Hartley; Besoek op 25 Junie 2011
Eksterne skakels
wysig- Profiel op Canoe09.ca Geargiveer 17 Augustus 2009 op Wayback Machine
- Profile op Sports-reference.com Geargiveer 21 Oktober 2012 op Wayback Machine