Brocéliande (rolprent)
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
In Brocéliande, 'n Franse rolprentproduksie uit die jaar 2002, verbind die regisseur Doug Headline ou Keltiese legendes van Bretagne, Druïdisme en bonatuurlike elemente met die riller-genre.
Brocéliande | |
---|---|
Regisseur | Doug Headline |
Draaiboek | Doug Headline Benoît Lestang |
Met | Elsa Kikoïne Mathieu Simonet Cylia Malki Alice Taglioni |
Musiek deur | Sarry Long |
Kinematografie | Guillaume Schiffmann |
Redigeerder | Sébastien Prangère |
Uitgereik | 8 Januarie 2003 |
Speeltyd | 90 minute |
Land | Frankryk |
Taal | Frans |
IMDb-profiel |
Chloé, 'n jong studente in argeologie, spits haar tydens haar studies aan die universiteit van Rennes op Keltiese geskiedenis toe. Een nag word sy die getuie van 'n moord, wat net een in 'n hele reeks misterieuse misdade blyk te wees. Alle spore wys op die legendariese Keltiese towerwoud Brocéliande, waar Chloé aan die opgrawing van 'n ou Keltiese begraafplaas deelneem.