Bruidsbos

Spesie van spinnekopbosse

Die bruidsbos (Serruria rosea) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit slegs voorkom in die Hottentots-Hollandberge van Slanghoekberge tot by Franschhoek. Die struik is regop en word tot 1.5 m hoog en dra blomme van Augustus tot Oktober.

Bruidsbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Serruria
Spesie:
S. rosea
Binomiale naam
Serruria rosea
E.Phillips, (1933)

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is tweeslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sandgrond op hoogtes van 300-620 m.

In Engels staan dit as die Rose Spiderhead bekend.

Galery

wysig

Bronnelys

wysig