Buffelwewer
(Aangestuur vanaf Bubalornis niger)
Die buffelwewer (Bubalornis niger) is 'n algemene standvoël en plaaslike trekvoël in droë boomveld en savanne. In Engels staan die voël bekend as die Red-billed buffalo weaver.
Buffelwewer | |
---|---|
Mannetjie in Tanzanië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. niger
|
Binomiale naam | |
Bubalornis niger Smith, 1836
|
Beskrywing
wysigDie voël word tussen 21 en 24 cm groot en weeg van 64 tot 92 gram. Mannetjies is oorwegend swart en wyfies bruin gekleurd. Albei geslagte het rooi snawels en wit basisse aan die slagvere. Onvolwassenes verskil van die wyfies deur die ligte spikkels en bande oor die keel-, bors- en pensvere.
Gewoontes
wysigHulle broei in groot, slordige stokkiesneste, elk met een tot 10 broeikamers, in 'n groot boom of kragmas. Sommige mannetjies is poliginies en bou verskeie neste om wyfies te lok. Ander mannetjies vorm koalisies en help om die kleintjies groot te maak.
Fotogalery
wysig-
Mannetjie op die grond -
Kop- en vlerkdetails -
Skets van 'n mannetjie
Sien ook
wysigBron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
Verwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2012). "Bubalornis niger". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)