Bromvoëls
Bromvoëls (Bucorvidae) is 'n familie van voëls wat aan die orde Coraciiformes behoort. Die familie is monotipies en bestaan uit slegs een genus, Bucorvus, wat twee spesies bevat: die Suidelike en Noordelike bromvoëls.
Bucorvus | |
---|---|
'n Bromvoël (Bucorvus leadbeateri) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Bucorvidae
|
Genus: | Bucorvus Lesson, 1830
|
Spesies | |
Bucorvus leadbeateri |
Hierdie familie is nou verwant aan die familie van neushoringvoëls (Bucerotidae) waaraan die bromvoëls vroeër behoort het. Hulle gedrag verskil egter grotendeels van neushoringvoëls. Bromvoëls lewe hoofsaaklik op die grond en het 'n lang kruis-klank. Hulle soek kos in oop landskappe, terwyl neushoringvoëls hoofsaaklik bosvoëls is.
Spesies
wysigDie genus bestaan uit twee spesies:[1]
- Bucorvus leadbeateri (Bromvoël of Suidelike bromvoël)
- Bucorvus abyssinicus (Noordelike bromvoël)
Die twee spesies van bromvoëls lyk baie na mekaar en is omtrent ewe groot. 'n Opvallende verskil is die "horing" op die bo-snawel. Die noordelike bromvoël het 'n buisvormige, hol en afgeknotte "horing", terwyl die suidelike bromvoël s'n glad en geleidelik afloop.
Fotogalery
wysig-
Suidelike bromvoël met sy gladde "horing"
-
Noordelike bromvoël met afgeknotte "horing"
Sien ook
wysigVerwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bromvoëls.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Bromvoëls