Maak hoofkeuseskerm oop

Die lelkraanvoël (Bugeranus carunculatus) is 'n grondlopende voël in die familie Gruidae, en die enigste lid van die genus Bugeranus (Gloger, 1842).

Lelkraanvoël
Bugeranus carunculatus.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Bugeranus

Spesie:
B. carunculatus
Binomiale naam
Bugeranus carunculatus

Dit is die grootste en skaarsste van die kraanvoëlspesies in Afrika en is kwesbaar vir bedreiging.

IdentifikasieWysig

Dit is 'n baie groot kraanvoël met 'n algemene lengte van 120 cm en kenmerkende lelle wat weerskante van die ken afhang, maar by jonges ontbreek.

HabitatWysig

Pare en groepies kom yl versprei in vleie, moerasse, aan die oewers van groot mere en in hoogliggende grasveld voor. Die grootste aantal boer in die vleilande van Botswana. Hulle loop dikwels in vlak water en kos soek. Die voëls is uiters lugtig en laat 'n mens nie toe om naby hulle te kom nie.

VerspreidingWysig

Hulle kom voor in Oos- en Suider-Afrika, moeras- en vleigebiede in Botswana, Sentraal-Zimbabwe en die noordoostelike dele van Namibië.

Hoewel hulle redelik algemeen in sekere dele van Suider-Afrika voorkom, het hierdie kraanvoël se getalle in Suid-Afrika self baie afgeneem; die spesíe word in die Republiek as 'n bedreigde spesie beskou.

GeluidWysig

Die voëls is meestal stil, maar uiter soms 'n harde, uitgerekte, klokhelder "horuk".

Ander nameWysig

  • Engelse naam: wattled crane
  • Wetenskaplike naam: Bugeranus carunculatus

Sien ookWysig

BronnelysWysig

Eksterne skakelsWysig