Buig-my-nie
Die buig-my-nie of Afrikaanse buksboom (Buxus macowanii) is 'n regopgroeiende boom met een of meer stamme en hangende takke. Die plant is endemies[1] aan Suid-Afrika en die FSA nommer is 358.[2] Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys. Dit kom in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en Noordwes voor.[3]
Buig-my-nie Afrikaanse buksboom | |
---|---|
Lenteloof van 'n buig-my-nie in Jan Celliers Park, Pretoria. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Buxales |
Familie: | Buxaceae |
Genus: | Buxus |
Spesie: | B. macowanii
|
Binomiale naam | |
Buxus macowanii Oliv., (1886)
| |
Sinonieme | |
|
Dit is bladhoudend, groei baie stadig en word 4 tot 10 meter hoog. Dit is gehard, rypbestand en ook droogtebestand. Die boom dra klein groenerige blommetjies van winter tot lentetyd. Die ryp vrugte is bruinerig en die blare heldergroen. Dit kan in potte geplant word, tot 'n bonsai gesnoei word, en kan ook in allerhande vorme, soos heinings of lolliepop-boompies, gesnoei word.[4]
-
vrugte
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:340299-1
- ↑ "Grow Wild: Buxus macowanii - Cape Box" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2018. Besoek op 8 Mei 2017.
- ↑ "SABNI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020.
- ↑ Inligting op plantzone.co.za[dooie skakel], besoek op 9 September 2012
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Buxus macowanii.