Campbell-monument
(Aangestuur vanaf Campbell Monument)
Die Campbell-monument herdenk die vloed wat die Baviaanskloof (tussen Willowmore en Hankey) in die Oos-Kaap op Vrydag 5 Mei 1916 getref het en die inwoners wat tydens die ramp dood is. Vier lede van die Campbell-familie lê in 'n gesamentlike graf in die plaaskerkhof van die plaas Damsedrif, destyds bekend as Onderste Klipfontein. Die gedenknaald is in 1999 deur die Baviaanskloof-landbouvereniging opgerig en staan net oos van Studtis aan die noordekant van die pad op die plaas Kleinpoort-Wes. P.H. Nortjé het sy boek Die wildedruif val op hierdie gebeure gebaseer.
Bibliografie
wysig- Nortje, P.H.: Die wildedruif val. Kaapstad: Tafelberg, 1984. ISBN 0-624-02081-9
- Scheltema, J.C.: Baviaanskloof Stories. Baviaanskloof Toerismevereniging, 2007. ISBN 978-0-620-44539-9