Canes Venatici I-dwergsterrestelsel

satellietsterrestelsel van die Melkweg

Die Canes Venatici I-dwergsterrestelsel of CVn I is teen 711 000 ligjare een van die verste satelliete van die Melkweg[1] en beweeg teen ’n snelheid van 31 km/s verder weg van ons.[2] Dit is geleë in die sterrebeeld Jaghonde en is in 2006 ontdek deur die Sloan- Digitale Lugopname.[1]

Canes Venatici I-dwergsterrestelsel
Soort stelsel Dwergsterrestelsel
Sterrebeeld Jaghonde (Canes Venatici)
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 13h 28m 03,5s
Deklinasie +33º 33' 21"
Skynmagnitude (m) 13,9
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 711 000
Skynbare grootte 17′,8
Besonderse kenmerke Melkwegsatelliet
Ander name CVn
Lugkoördinate
13h 28m 03.5s, +33° 33′ 21″
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

CVn I is ’n relatief dowwe stelsel, met ’n absolute magnitude van sowat -8,6.[3] Dit het egter ’n massa van sowat 27 miljoen sonmassas. Die groot verhouding tussen sy massa en helderheid dui daarop dat dit deur donkermaterie oorheers word.[2]

Dit bestaan meestal uit ou sterre wat sowat 10 miljard jaar gelede ontstaan het. Die metaalinhoud is ook baie laag.[4] Daar is sowat 60 RR Lyrae-sterre.[5]

Sowat 5% van die massa bestaan uit jonger sterre (1–2 miljard jaar oud) met ’n hoër metaalinhoud. Hulle is in die middel van die sterrestelsel gesentreer. Daar vind tans geen stervorming plaas nie.

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 Zucker, D. B.; Belokurov, V.; Evans, N. W.; Wilkinson, M. I.; Irwin, M. J.; Sivarani, T.; Hodgkin, S.; Bramich, D. M.; Irwin, J. M. (2006). "A New Milky Way Dwarf Satellite in Canes Venatici". The Astrophysical Journal. 643 (2): L103. doi:10.1086/505216.
  2. 2,0 2,1 Simon, J. D.; Geha, M. (2007). "The Kinematics of the Ultra‐faint Milky Way Satellites: Solving the Missing Satellite Problem". The Astrophysical Journal. 670: 313. doi:10.1086/521816.
  3. Martin, N. F.; Coleman, M. G.; De Jong, J. T. A.; Rix, H. W.; Bell, E. F.; Sand, D. J.; Hill, J. M.; Thompson, D.; Burwitz, V. (2008). "A Deep Large Binocular Telescope View of the Canes Venatici I Dwarf Galaxy". The Astrophysical Journal. 672: L13. doi:10.1086/525559.
  4. Kirby, E. N.; Simon, J. D.; Geha, M.; Guhathakurta, P.; Frebel, A. (2008). "Uncovering Extremely Metal-Poor Stars in the Milky Way's Ultrafaint Dwarf Spheroidal Satellite Galaxies". The Astrophysical Journal. 685: L43. doi:10.1086/592432.
  5. Kuehn, C.; Kinemuchi, K.; Ripepi, V.; Clementini, G.; Dall'Ora, M.; Di Fabrizio, L.; Rodgers, C. T.; Greco, C.; Marconi, M. (2008). "Variable Stars in the Newly Discovered Milky Way Dwarf Spheroidal Satellite Canes Venatici I". The Astrophysical Journal. 674 (2): L81. doi:10.1086/529137.

Eksterne skakels

wysig