Cannes-rolprentfees 1982

Die 35ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-26 Mei 1982 gehou. Die Italiaanse regisseur Giorgio Strehler was die voorsitter van die jurie. Altesaam 46 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.

  Cannes-rolprentfees 1982 

Datum 14-26 Mei 1982
Plek Cannes, Frankryk
Getal prente  22 (In Kompetisie)
16 (Un Certain Regard)
8 (Kortprente)
Webtuiste  Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek  Intolerance
Afsluitingsfliek  E.T. the Extra-Terrestrial
Palme d'Or  Missing

Die Amerikaanse rolprent Missing van die regisseur Costa Gavras en die Turkse The Way (Yol) van Şerif Gören en Yılmaz Güney het saam die Palme d'Or gewen.[1][2] Die fees is geopen met D.W. Griffith se Intolerance en afgesluit met E.T. the Extra-Terrestrial van Steven Spielberg.[3][4][5]

Belangrikste fliekpryse

wysig
Costa Gavras (medewenner van die Palme d'Or).
Jack Lemmon (beste akteur).
Prys Rolprent Regisseur Land
Palme d'Or Missing
My Way (Yol)
Costa Gavras
Şerif Gören, Yılmaz Güney
Amerika
Turkye
Grand Prix The Night of the Shooting Stars (La Notte di San Lorenzo) Paolo en Vittorio Taviani Italië
Jurieprys Meow Marcos Magalhães Brasilië
Caméra d'Or Half a Life Romain Goupil Frankryk
Kortfilm-Palme d'Or Merlin ou le cours de l'or Arthur Joffé Frankryk

Ander pryse

wysig
Prys Wenner Rolprent Land
Beste regisseur Werner Herzog Fitzcarraldo Wes-Duitsland
Beste draaiboek Jerzy Skolimowski Moonlighting Brittanje
Beste kunsbydrae Bruno Nuytten Invitation au voyage Frankryk
Beste akteur Jack Lemmon Missing Amerika
Beste aktrise Jadwiga Jankowska-Cieślak Another Way (Egymásra nézve) Hongarye
Tegniese Grand Prix Raoul Coutard Passion Frankryk

Verwysings

wysig
  1. "1982 - Identification of Palme" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 10 Desember 2013.
  2. "Awards 1982 : All Awards" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2017. Besoek op 10 Desember 2013.
  3. Eder, Richard (20 Mei 1982). "At Cannes, A Search For Excitement". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 10 Desember 2013.
  4. "Opening ceremony of the 1982 Festival" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2020. Besoek op 10 Desember 2013.
  5. "Steven Spielberg to head up Cannes Film Festival jury". BBC News (in Engels). 28 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2018. Besoek op 10 Desember 2013.

Eksterne skakels

wysig