Cannes-rolprentfees 2018
filmfees
Die 71ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 8-19 Mei 2018 in Cannes, Frankryk, gehou.[1] Die Australiese aktrise Cate Blanchett was die president van die jurie.[2] Die Japannese prent Shoplifters, waarvan Hirokazu Kore-eda die regisseur was, het die Palme d'Or gewen.[3]
Cannes-rolprentfees 2018
| ||
Datum | 8-19 Mei 2018 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Édouard Baer | |
Getal prente | 21 (In Kompetisie) 18 (Un Certain Regard) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Everybody Knows | |
Afsluitingsfliek | The Man Who Killed Don Quixote | |
Palme d'Or | Shoplifters |
Die fees is geopen met Asghar Farhadi van Iran se sielkundige riller Everybody Knows, met Javier Bardem, Penélope Cruz en Ricardo Darín, en is afgesluit met die Amerikaans gebore Britse regisseur Terry Gilliam se The Man Who Killed Don Quixote.
Die Deense regisseur Lars von Trier het na die fees teruggekeer met sy prent The House That Jack Built nadat hy op die fees van 2011 tot persona non grata verklaar is.[4]
Belangrikste rolprentpryse
wysigRolprent | Regisseur | Land | Prys |
---|---|---|---|
Manbiki Kazoku (Shoplifters) | Hirokazu Kore-eda | Japan | Palme d'Or |
BlacKkKlansman | Spike Lee | VSA | Grand Prix |
Capharnaüm (Capernaum) | Nadine Labaki | Libanon | Jurieprys |
Gräns (Border) | Ali Abbasi | Swede | Un Certain Regard |
El Verano del León Eléctrico (The Summer of the Electric Lion) | Diego Céspedes | Chili | Cinéfondation |
All These Creatures | Qiu Yang | China | Kortfilm-Palme d'Or |
Ander pryse
wysigPrys | Wenner | Rolprent | Land |
---|---|---|---|
Beste regisseur | Paweł Pawlikowski | Cold War | Pole, Frankryk, Brittanje |
Beste draaiboek | Alice Rohrwacher Jafar Panahi |
Lazzaro Felice (Happy as Lazzaro) 3 Faces |
Italië, Switserland, Frankryk, Duitsland Iran |
Beste akteur | Marcello Fonte | Dogman | Italië, Frankryk |
Beste aktrise | Samal Yeslyamova | Ayka | Rusland, Duitsland, Pole, Kazachstan |
Verwysings
wysig- ↑ Williamson, Pam (21 Junie 2017). "2018 Cannes Film Festival dates announced". SeeCannes (in Engels). seecannes.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2018. Besoek op 14 November 2017.
- ↑ "Cate Blanchett to head Cannes film festival jury". The Guardian (in Engels). 4 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 4 Januarie 2018.
- ↑ "Cannes 2018: Japanese indie Shoplifters wins Palme d'Or". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 20 Mei 2018.
- ↑ "Cannes 2018: Festival awaits return of 'persona non grata' Lars von Trier". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 14 Mei 2018.
Eksterne skakels
wysig- Fees se amptelike webtuiste
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia