Canon EF-S 60mm f/2.8 Makro USM lens
Die Canon EF-S 60mm f/2.8 Makro USM lens is Canon se enigste EF-S (APS-C sensorspesifieke) makrolens. In 2005 was dit die eerste EF-S primêre lens, en het die enigste EF-S primêre lens gebly tot die aankondiging van die EF-S 24mm f/2.8 STM in September 2014.
Dit kan slegs gebruik word op kameras met 'n 1.6 x kropfaktor en is ekwivalent aan 'n 96mm lens gemonteer op 'n 35mm-formaat kamera. As sodanig is hierdie lens 'n goeie keuse vir portretfotografie.
Die voorste element draai nie, en dit steek ook nie uit wanneer daar gefokus word nie. Dit is veral nuttig wanneer met 'n polarisasiefilter of naby aan die onderwerp gewerk word.
Die sirkelvormige opening lewer resultate in 'n aangename sagte bokeh.[1][2][3]
EF-S 60mm Makro USM | |
---|---|
Sleuteleienskappe | |
Toepassing | Portretfotografie Makro |
Beeldstabiliseerder | Nee |
Ultrasoniese Motor | Ja |
Makro | 1:1 makro |
Tegniese data | |
Lensopening | f/2.8 – f/32 |
Konstruksie | 8 groepe / 12 elemente |
Aantal diafragmalemme | 7 |
Fokuslengte | 60 mm |
Maksimumvergroting | 1:1 |
Horisontale sighoek | 20° 40' |
Vertikale sighoek | 14° 10' |
Diagonale sighoek | 25° 30' |
Fisiese data | |
Massa | 335 g / 0.74 lb |
Filterdiameter | 52 mm |
Bybehore | |
Lenskappie | ET 67B |
Kleinhandelinligting | |
Vrygestel in | 2005 |
± Verkoopsprys | VS$400 |
Voorbeelde van kiekies met die makrolens
wysig-
Parallelle ATA verbindings op 'n moederbord
-
'n Canon PowerShot S30
-
Twee 5.56×45mm NAVO-patroondoppe
-
Vooraansig van'n manlike Mini-DVI connector
-
Die laser van'n DVD-opnemer in slanke ontwerp
Verwysings
wysig- ↑ "Oorsig op photozone.de" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2018. Besoek op 13 Desember 2016.
- ↑ "Oorsig op Photo.net" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2017.
- ↑ "Oorsig op the-digital-picture.com" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2019.