Canon EOS 1200D
Canon EOS 1200D is 'n 18,1-megapieksel digitale enkellensreflekskamera wat deur Canon bekendgestel is op 11 Februarie 2014.[1] Dit staan as die EOS Kiss X70 in Japan en die EOS Rebel T5 in Amerika bekend. Die 1200D is 'n intreevlak DSLR wat 'n 18 MP sensor invoer vanaf die 700D en 1080p HD video aan Canon se intreevlak-DSLRs. Dit vervang die 1100D.
1200D met 'n 55-250mm lens | |
Model | Canon EOS 1200D/EOS Rebel T5/EOS Kiss X70 |
---|---|
Tipe | Digitale enkellensreflekskamera |
Beeldsensor | CMOS APS-C 22.3 mm × 14.9 mm (1.6x omrekenfaktor) |
Stoormedium | Secure Digital-kaart SDHC SDXC |
Resolusie | 18,0 effektiewe megapieksels, 5184 × 3456 |
Lens | Omruilbare EF, EF-S |
Flits | E-TTL II ingeboude outomatiese opwip; versoenbaar met Canon se EX-reeks Speedlite eksterne warmskoenflitse |
Sluiter | Fokusvlak |
Sluiterspektrum | 1/4000 tot 30 s en gloeilamp |
Meting | Volle lensopening TTL, 63-sone iFCL SPC |
Beligtingsmodusse | Volouto, Portret, Landskap, Naby, Sport, Nagportret, Geen flits, Program AE, Sluiterprioriteit Lensopeningprioriteit, Hand, Outo-velddiepte, Kreatiewe outo |
Metermodusse | Evaluerende, gedeeltelik (10% teen senter) en senter-geweegde gemiddeld |
Fokusareas | 9-punt outofokus |
Fokusmodusse | AI Fokus, Enkelskoot, AI Servo |
Deurlopende skiet | 3 raampies/s vir 69 JPEG, of 2 raampies/s vir 6 raw leêrs |
Beeldsoeker | Oogvlak pentaspieël SLR, 95% dekking, 0.80x vergroting |
Spoedspektrum | ISO 100 tot 12800 |
Flitsgroepering | Ja |
Witbalans | Outo, Daglig, Skadu, Bewolk, Tungstenlig, Wit Fluoreseerlig, Flits, Hand, gebruiker-verstelbaar |
Witbalans- groepering |
±3 stoppe in 1-stop inkremente |
LCD-skerm | 3,0 dm (7,6 cm) kleur TFT LCD, 460 000 pieksels |
Battery | Li-ioon LP-E10 herlaaibare batterypak |
Massa | 480 g (CIPA) |
Oorsprong | Japan |
Canon het in Maart 2016 aangekondig dat die 1200D vervang word deur die 1300D/Rebel T6.[2]
Funksies
wysig- 18,0 Megapieksel CMOS (APS-C) beeldsensor
- Canon se DIGIC 4-beeldverwerker
- 9-punt AF punte
- ISO 100 – 6400 (uitbreibaar tot H: 12800)
- Tot 3,0 fps deurlopende skiet
- Canon EF-lenspassings
- 3,0 dm (7,6 cm) LCD-monitor
- sRGB en Adobe RGB-kleurruimtes
- RAW en JPEG lêerformate
- Volle HD video-opname
- Versoenbaar met GPS-ontvanger GP-E2
Verwysings
wysig- ↑ "Canon EOS 1200D vorgestellt: Einsteiger-DSLR mit Hilfe-App" (in Duits). colorfoto.de. 12 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2014. Besoek op 12 Februarie 2014.
- ↑ "Share Moments On-The-Go With The New Canon EOS Rebel T6 DSLR Camera" (in Engels). Canon USA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2018. Besoek op 11 Maart 2016.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |