Charabali
Charabali (Russies: Харабали) is 'n stad in Astrachan-oblast, Rusland en setel van die gelyknamige Charabali-rajon wat nog 19 kleiner nedersettings insluit. Die stad lê op die linkeroewer van die Asjoeloekrivier, 130 kilometer noordwes van die oblast se hoofstad, Astrachan.
Charabali Харабали | |
---|---|
Stad | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 47°24′00″N 47°15′00″O / 47.40000°N 47.25000°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Charabali |
Bevolking | |
• Totaal | 18 514 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416010 |
Geskiedenis
wysigCharabali is in 1789 as 'n klein dorpie gestig. Die eerste inwoners was Russiese boere van die Tsjernaftsi-dorpie in die huidige Woronezj-oblast. Dit word in die naam van een van Charabali se woonbuurte, Tsjernafka, weerspieël. Later het setlaars uit die huidige Koersk- en Tambof-oblaste by hulle aangesluit.[1]
Daar is verskeie teorieë oor die oorsprong van die pleknaam Charabali. Dit kom van een van die plaaslike Turkiese tale of Kalmikies, 'n Mongoolse taal, en kan beteken "swart heuwel", "swart vis" of "plek met ruïnes".
In 1974 het die voormalige dorpie stedelike status gekry.
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Charabali 18 128 inwoners gehad. Ethniese Russe en Kasakke vorm die meerderheid van die stad se bevolking.[2]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Russe | 10 823 | 59,7% |
Kasakke | 6 085 | 33,6% |
Armene | 238 | 1,3% |
Duitsers | 143 | 0,8% |
Tartare | 101 | 0,6% |
Koreane | 98 | 0,5% |
Ander groepe | 562 | 3,1% |
Onbekend | 78 | 0,4% |
Totaal | 18 128 | 100% |
Verwysings
wysig- ↑ "Историческая справка". Город Харабали (in Russies). Besoek op 18 Julie 2023.
- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 18 Julie 2023.