Charles Munch
Charles Münch (Franse uitspraak: [ʃaʁl mynʃ]; * 26 September 1891 – † 6 November 1968) was 'n Elsassiese, Duits-gebore Franse simfoniedirigent en violis.
Hy was bekend vir die bemeestering van die Franse orkestrale repertoire, en as musiekdirekteur van die Boston Simfonieorkes.