Chartreuse (gebergte)
Die Chartreuse (Frans: Massif de la Chartreuse) is 'n bergreeks in die Franse Voor-Alpe wat ten noorde van die stad Grenoble en ten suide van Chambéry, die ou hoofstad van die historiese gebied van Savoye, geleë is. Die bergreeks lê in die Franse départemente Isère (75%) en Savoie (25%).
Die bergreeks is ongeveer 40 km lank (in die rigting noord-oos/suid-wes) en 15 km breed. Ten ooste en ten suide van die reeks lê die vallei van die Isèrerivier.
Etimologie
wysigDie naam Chartreuse is afgelei van die dorpie wat tans bekendstaan as Saint-Pierre-de-Chartreuse en vroeër bekend was as Catorissium, Cantourisa, Caturissium, en Chatrousse.[1] Dit wil voorkom asof die naam van Galliese oorsprong is.[2] Dit hou waarskynlik verband met die naam van die Caturiges-stam.[3]
Fotogalery
wysig-
Uitsig op die Chartreuse vanaf die spits van Mont Granier
-
Die stad Chambéry lê aan die noordelike punt van die gebergte
-
Sappey-en-Chartreuse onder die sneeu
-
Uitig op Sarcenas (middel, onder) en Sappey-en-Chartreuse (links in die agtergrond) vanaf die Charmant Som.
-
'n Groep gemse in die buurt van Dent de Crolles
-
Die Uil word gebruik in die kenteken van die natuurpark "Chartreuse"
-
Kenteken van die natuurpark
-
De herdershut "Saint-Vincent" op het "plateau de l'Alpe"
-
Die kartuiserklooster
-
Hierdie dubbele natuurlike boog in die "Tour Percée" is so onlangs as 2005 ontdek
-
Weilande in la vallée des Entremonts
-
Plakaat van die Compagnie des chemins de fer de Paris à Lyon et à la Méditerranée met reklame vir die Route du Désert, ten suid-ooste van Saint-Laurent-du-Pont
-
Alpe-weiveld aan die voet van die Mont Pravouta, ten noorde van die Col du Coq.
-
Die Guiers Vif rivier en die cirque de Saint-Même
Reliëf
wysigAan die oostelike flank van die bergreeks vorm die Plateau des Petites-Roches 'n plato op 'n hoogte van ongeveer 1000 meter.
Die belangrikste bergspitse van die bergreeks is:
- (2082 m) Chamechaude
- (2062 m) La Dent de Crolles
- (2045 m) Les Lances de Malissard
- (2026 m) Le Grand Som
- (1975 m) Le Dômr de Bellefont
- (1933 m) Mont Granier
- (1920 m) La Grande Sure
- (1867 m) Le Charmant Som
- (1867 m) Le Sommet du Pinet
- (1845 m) Les Rochers de Chalves
- (1838 m) Rocher de Lorzier
- (1772 m) Le Petit Som
- (1771 m) La Pinéa
- (1673 m) Mont Outheran
- (1298 m) Le Neron
Skigebiede
wysig- Le Désert d' Entremont
- Saint-Pierre-de-Chartreuse
- Col de Porte (1326 m)
- Le Sappey-en-Chartreuse
- La Ruchère
- Saint-Hilaire-du-Touvet
Natuurgebied
wysigDie gehele bergreeks is 'n onderdeel van die Parc naturel régional de la Chartreuse.
Kartuisiese kloosters
wysigIn 'n afgeleë vallei van die bergreeks lê die moederklooster van die kartuisers: die Grande Chartreuse. Via die klooster is die naam van die bergreeks bowendien verbonde met:
- Chartreuse (likeur)
- Chartreuse, die groen kleur van hierdie likeur.
In die Franse taal beteken Chartreuse Kartuize, dit wil sê kartuiserklooster, soos dit byvoorbeeld gebruik is in La Chartreuse de Parme, die bekende boek deur Stendhal.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Chartreuse (gebergte).
- (en) Chartreuse: A walking guide
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit [[[:nl:Chartreuse (gebergte)]] die Nederlandse Wikipedia] vertaal. |