Groen
#008000 |
Groen is 'n kleur wat algemeen in die natuur gesien word. Plante is groen weens die chlorofil wat hulle bevat. Groen lig het 'n golflengte van ongeveer 550 nanometer, en is een van die primêre toevoegende kleure, die komplement van magenta. Baie kunstenaars hou steeds nog by tradisionele kleurteorie waarin die komplement van groen as rooi gesien word.
Onderskeid tussen "blou" en "groen" in tale
Die Afrikaansse taal maak 'n onderskeid tussen blou en groen, maar sommige tale (soos Viëtnamees of Tarahumara) het gewoonlik nie verskillende woorde nie, en verwys na groen deur 'n woord te gebruik wat ook na geel of blou kan verwys.
Daar word soms gesê dat Japannees nie tussen blou en groen onderskei nie. Moderne Japanneess het woorde vir beide groen (緑 midori) en blou (青い aoi b.nw.; 青 ao s.nw.). Hierdie onderskeid bestaan nie in antieke Japannees nie: die woord midori is slegs begin gebruik tydens die Heian-periode, en toe (en vir lank daarna) is midori slegs as 'n skakering van ao beskou. Slegs na die Tweede Wêreldoorlog, gedurende die besetting van Japan, het opvoedkundige materiaal begin onderskei tussen groen en blou. Daarom, terwyl meeste Japannese dit wel as groen erken, word ao steeds gebruik vir groen verkeersligte en plante. Meeste ander voorwerpe — 'n groen motor, trui, ens. — sal in die algemeen midori genoem word.
Wallies het verskillende grense as Engels ten opsigte van blou en groen. Die woord glas word gewoonlik as 'blou' vertaal, maar verwys ook onder andere na die kleur van die see, gras of silwer. Die woord gwyrdd is die standaardvertaling vir "groen". Glas (dieselfde spelling) is ook die standaardvertaling vir 'groen' in Iers. In Iers is gorm die woord vir 'blou' – die eerste deel ("gorm") word dieselfde uitgespreek as in Wallies ("gwyrdd").
Chinees het die blou-groen onderskeid, maar 'n ander woord wat die moderne omgangstaal voorafgaan, qīng (青), word gebruik. Dit kan na óf blou óf groen verwys, of selfs na swart, soos in xuánqīng (玄青), alhoewel dit baie raar is.
In Koerdies word die woord "şîn" (uitgespreek shien), wat 'blou' beteken, gebruik vir groen dinge in die natuur, soos blare, gras en oë. Daar is 'n ander woord, "kesk", wat gebruik word vir ander groen dinge, soos byvoorbeeld die Koerdiese vlag.
"Groen" as 'n politieke ideologie
Groen word deur ekologiebewegings gebruik as gevolg van die algemene voorkoms daarvan in die natuur. Greenpeace, 'n ekologie-aktivistegroep, gebruik groen weens die verbintenis met lewe. Mense wat omgewingsbeskerming in die politieke sfeer bevorder word die "Groenes" genoem.
Daar is politieke partye bekend as "Groen Partye" in meer as eenhonderd lande dwarsdeur die wêreld (dit het ontstaan in Europa, alhoewel die Groen Partye van die Verenigde State en Kanada ook sterk wortel geskiet het). Die meer algemene term "groen party" word gebruik vir partye wat voorstaanders van omgewingsbeskerming is.
'n "Groen Party" (of Faksie) het ook bestaan in die Bisantynse Ryk vir 'n kort ruk, maar dit het natuurlik niks met die moderne Groenes te doen gehad nie. Dit het eerder ontwikkel uit 'n soort strydwaresies-ondersteunersklub, wie se bestuurders groen gebruik het om hulleself van die opponerende "Blou Party" te onderskei.
Groen is die tradisionele kleur van Islam, ook weens die verbinding met die natuur. Die profeet Mohammed word betroubaar aangehaal in 'n hadith waar hy sê dat "water, groenigheid en 'n pragtige gesig" drie universele goeie dinge is.
Om hierdie rede is die vlag van Libië slegs groen, die enigste huidige nasionale vlag van een enkele kleur.
Groen is ook die kleur van die VSA-dollarnoot se rugkant, en dra 'n sterk verbinding met geld, rykdom en kapitalisme. Dit is veral waar in die V.S.A., maar die status van die dollar wêreldwyd maak dit 'n wyer simbool. Dit word geïllustreer in 'n grap wat in die dae van die Sowjetunie vertel is: "Noem iets groen, anders as geld", met die korrekte antwoord "'n roebel".
Op Noord-Amerikaanse aandelemarkte word groen gebruik om 'n stygende aandeleprys aan te dui, maar in Oos-Asiese aandelemarkte word groen gebruik vir 'n afname in aandelepryse.
Groen is ook die kleur van ondersteuners van Taiwannese onafhanklikheid, in teenstelling met die verenigende blou koalisie. Die oorsprong van hierdie simboliek kom van Taiwan wat 'n tropiese eiland is, en is onverwant aan omgewingsgesindheid of die Groen Party.
Simboliek
In die Middeleeue het groen euwele of demoniese gediertes (insluitende drake) voorgestel, en somtyds liefde.
Groen simboliseer gaan of ry weens die gebruik in verkeerstekens. Dit is ook die kleur van tekens wat inligting of rigtings gee.
In motorwedrenne word 'n Groen vlag gebruik om die begin of voortsetting van 'n resies aan te dui.
Weens sy eienskappe van goeie kamoeflering word groen tipies in velduniforms van baie militêre dienste gebruik. Dit is ook die formele uniform van baie landweermagte en vlote.
Groen is 'n simbool van Ierland, waarna ook verwys word as "die Smarageiland". Die kleur word spesifiek verteenwoordig in die republikeinse en nasionalistiese tradisies van moderne tye, en word in daardie sin gebruik op die vlag van die Republiek van Ierland, teenoor die unioniste se oranje.
Groen is ook die simbool van die Esperanto taal. Daar word gesê dat die kleur die eerste deur die Ier Richard Henry Geoghegan voorgestel is, weens die Ierse verbinding daarvan. Die kleur is spesifiek met die groen ster geassosieer, en dit word ook gesien op die Esperanto-vlag.
"Klein Groen Mannetjies" verwys na die stereotipiese ruimtewesens met groen velle, antennas en 'n rofweg menslike liggaamsplan (maar met die getalle van sekere liggaamsdele gereeld verander).
Stephen King het 'n boek genaamd The Green Mile geskryf, wat verwys na die laaste staptog wat deur gevangenes gemaak is wat doodsafwagtend is.
Pink Floyd het 'n lied getiteld Green Is The Colour vrygestel.
Mense wat rooi-groen kleurblind is, kan baie keer onderskei tussen die twee kleure, maar misgis hulle met ander kleure, byvoorbeeld heldergroen met geel, donkergroen met bruin.
Die Volksmond
- Jaloesie, een van die tradisionele Sewe Dodelike Sondes is ook bekend as die Groenoog-monster. 'n Persoon wat jaloers is, is dus "groen van jaloesie".
- Tradisioneel het iemand wat goed met plante werk groen vingers of 'n groen duim.
- 'n Nuwe, onervare beginner is ook groen, heel moontlik weens die verwysing na onryp vrugte. Eerstejaars by baie Universiteite word ook na verwys as "groentjies".
Kleurkoördinate
Volgens verskeie kleurskemas word groen as volg voorgestel:
Model | Koördinate |
---|---|
Heksadesimale kode | #00FF00 |
RGB-kleurmodel | (0, 255, 0) |
CMYK | (255, 0, 255, 0) |
HSV | (120°, 100%, 100%) |
Sien ook
Eksterne skakels
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir groen.