Cheiridopsis pillansi
Plantspesie
Cheiridopsis pillansi is 'n sukkulent wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap in die Richtersveld vanaf Lekkersing tot by Springbok voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 5975 km². Die spesie se getalle het met 20% gedaal sedert 2015 weens 'n droogte wat toe begin het. Daar word geskat dat die bevolking met 'n verdere 20% sal afneem teen 2050.
Cheiridopsis pillansi | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Cheiridopsis |
Spesie: | C. pillansi
|
Binomiale naam | |
Cheiridopsis pillansi L.Bolus, (1927)
| |
Sinonieme | |
|