Chifeng
Chifeng (Chinees: 赤峰), of Ulanhadhot (Mongools: ᠤᠯᠠᠭᠠᠨᠬᠠᠳ ᠬᠣᠲ), is 'n stad in die Chinese outonome gebied Binne-Mongolië met 'n bevolking van 4 341 245 in 2010. Die stad is in die noordooste van China, suidoos van die grens tot Mongolië, geleë. Chifeng grens in die noorde en weste aan Xilin Gol, in die noordooste aan Tongliao, in die suidooste aan Chaoyang en in die suide aan Chengde. Die stad is veral bekend as politieke, ekonomiese en kulturele sentrum tydens die Liao-dinastie.
Chifeng 赤峰 ᠤᠯᠠᠭᠠᠨᠬᠠᠳ ᠬᠣᠲ Ulanhadhot | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 42°15′0″N 118°53′0″O / 42.25000°N 118.88333°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Outonome gebied | Binne-Mongolië |
Oppervlak | |
• Stad | 90 275 km2 (34 855 vk. myl) |
• Stedelik | 7 012 km2 (2 707 vk. myl) |
Bevolking | |
• Stad | 4 341 245 |
• Digtheid | 48/km2 (120/vk. myl) |
• Stedelik | 1 094 970 |
• Stedelike digtheid | 160/km2 (400/vk. myl) |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Webwerf | chifeng.gov.cn |