Zambezi-suierbekkie
(Aangestuur vanaf Chiloglanis neumanni)
Die Zambezi-suierbekkie (Chiloglanis neumanni) is 'n varswatervis wat voorkom in die Kunenerivier, die boonste gedeelte van die Zambezirivier, onder die Victoria-waterval, Pungwerivier en die Buzirivier in Suider-Afrika. In Engels staan die vis bekend as Neumann's suckermouth.
Zambezi-suierbekkie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Actinopterygii |
Orde: | Siluriformes |
Familie: | Mochokidae |
Genus: | Chiloglanis |
Spesie: | C. neumanni
|
Binomiale naam | |
Chiloglanis neumanni Boulenger, 1911
|
Voorkoms
wysigDie vis se lyf is matig taps, die stertvin is gevurk en die dorsale vinne is getand. Die baarde is lank en die vel is skurf en vol knoppies en riffels. Die vis se kleur is ligbruin met swart of donkerbruin kolle op. Die vis word tot 65 mm lank.
Habitat
wysigDie vis leef in rotsagtige areas in riviere.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1