Paraffienbos
(Aangestuur vanaf Chromolaena odorata)
Die paraffienbos (Chromolaena odorata) is 'n indringerplant en digte, ruigtevormende struik. Dit kom voor in KwaZulu-Natal en is inheems aan Sentraal-Amerika suidwaarts tot in Argentinië.
Paraffienbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. odorata
|
Binomiale naam | |
Chromolaena odorata (L.) King & H.E. Robins.
|
Voorkoms
wysigDie struik kan tot 4m hoog word en groei in savanne, waterlope, langs paaie en woudrande. Die struik het teenoorstaande, spreidende takke. Die blare is enkelvoudig en liggroen, ovaal tot driehoekvormig en ruik na paraffien of terpentyn wanneer dit fyngedruk word. Die struik kan immergroen wees maar die loof verloor sy kleur tydens die droë wintermaande. Die blommetjies is silindries en is wit of ligblou. Die saadjies is fyn en word deur die wind versprei. Hulle kom in stekelrige trosse voor.
Bronne
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- http://www.arc.agric.za/arc-ppri/Leaflets%20Library/Paraffienbos.pdf
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Paraffienbos.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Paraffienbos