Die Citroën Xsara is 'n klein gesinsmotor wat vanaf 1997 tot 2006 deur die Franse motorvervaardiger Citroën gebou is.

   Citroën Xsara
Oorsig
Vervaardiger Citroën
Produksie 1997–2006
Montering Rennes, Frankryk
Madrid, Spanje
Vigo, Spanje
Barra de Carrasco, Uruguay
Wuhan, Hubei, Sjina
Kaïro, Egipte[1]
Bakwerk en onderstel
Klas Klein gesinsmotor
Bakstyl 3- of 5-deurluikrug
5-deur stasiewa
Uitleg Voorenjin, voorwieldryf
Spesifikasies
Lengte 3- of 5-deur: 4167 - 4188 mm
Estate: 4350 - 4369 mm
Breedte 1705 mm
Hoogte 5-deur: 1405 mm
stasiewa: 1420 mm
Asafstand 2540 mm
Plek in geskiedenis
Voorganger Citroën ZX
Opvolger Citroën C4
Variante Peugeot 306

Die Xsara was 'n ontwikkeling van die Citroën ZX en die Peugeot 306, waarmee dit 'n platform en aandryfstelsel deel.

Dit was beskikbaar in 3- of 5-deur luikrug en 5-deur stasiewabakwerke; die stasiewa was bemark as die Break en die 3-deurluikrug as die Coupé. Die inlynviersilinderenjinreeks sluit in 1.4, 1.6, 1.8 en 2.0-liter petrolenjins asook 1.6, 1.9 en 2.0-liter turbodiesels, en in sekere lande, ook 'n 1.5-liter PSA TUD-dieselenjin.

Verwysings

wysig
  1. "Arab American Vehicles Co" (in Engels). Aav.com.eg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Julie 2019. Besoek op 25 Maart 2010.

Eksterne skakels

wysig


  Citroën
In produksie: Berlingo • C1 • C3 • C4 • C4 Cactus • C5 • DS3 • DS 4 • DS 5 • C-Elysée • Jumpy • Jumper • C-Triomphe

Histories: Tipe A • C2 • 2CV • Acadiane • Ami 6 • Ami 8 • Ami Super • Axel • AX • BX • CX • C25 • C35 • Dyane • DS • ID • Evasion • GSA • H Van • LN • LNA • M35 • Rosalie • Saxo • SM • Traction Avant • TUB • Visa • XM • Xantia • Xsara • ZX

Citroën-webwerf

Wysig hierdie sjabloon