Classé Audio
Classé Audio is 'n Kanadese vervaardiger van hoogwaardige hoëtrou-elektronika vir stereo- en meerkanaalstelsels. Sy luukse oudioprodukte sluit voor- en eindversterkers asook omringklankverwerkers in, terwyl die vervaardiging van CD- en DVD-spelers intussen gestaak is.
Classé Audio | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | Omstreeks 1980 |
Hoofkantoor | Lachine, Quebec, Kanada |
Sleutelpersone | Mike Viglas, David Reich |
Industrie | Hoëtrou-elektronika |
Produkte | Voor- en eindversterkers, CD- en DVD-spelers |
Moedermaatskappy | Sound United LLC |
Webwerf | classeaudio.com |
Geskiedenis
wysigClassé Audio is in die vroeë 1980's deur Mike Viglas en David Reich (wat ook die eerste versterker ontwerp het) in Lachine, Quebec gestig. Sy hoofkwartier is - net soos die ontwikkelings- en vervaardigingsafdeling - steeds in hierdie voorstad van Montreal gesetel. Sedert 2001 het Classé deel uitgemaak van die Britse Bowers and Wilkins-groep. Op 8 Januarie 2018 is Classé deur die Amerikaanse onderneming Sound United LLC oorgeneem. Sound United is die moedermaatskappy vir verskeie handelsmerke in die hoëtroubedryf soos Denon, Marantz, Polk Audio, Definitive Technology, Polk BOOM, HEOS en Boston Acoustics.