Cliffortia grandifolia
Plantspesie
Die grootblaarrysbos (Cliffortia grandifolia) is 'n struik of klein boompie wat tot die Rosaceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Langeberg se suidelik hellings naby Swellendam voor. Daar is ook 'n subpopulasie by die Meulrivier. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner 500 km² en is deel van die fynbos-bioom.
Grootblaarrysbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Rosaceae |
Genus: | Cliffortia |
Spesie: | C. grandifolia
|
Binomiale naam | |
Cliffortia grandifolia |
Die boom se FSA-nommer is 145.4.[1]