Cliffortia viridis
Plantspesie
Cliffortia viridis is 'n struik wat tot die Rosaceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die suidelike Kogelberg voor. Die plant groei in klam, skaduryke slote en dongas op hoogtes van 300 tot 1 000m. Daar is twee subpopulasies wat bedreig word deur indringerplante en te veel brande. Daar was drie vure die afgelope tien jaar. Die plant is deel van die fynbos-bioom.
Cliffortia viridis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Rosaceae |
Genus: | Cliffortia |
Spesie: | C. viridis
|
Binomiale naam | |
Cliffortia viridis Weim., 1948
|