Hardekool
(Aangestuur vanaf Combretum imberbe)
Hardekool (Combretum imberbe) is 'n boom wat wydverspreid voorkom in die bosveld en langs riviere of droë waterweë noord van die 26° breedtegraad. Die boom wissel in grootte, van klein tot baie groot. Die diep gesplete bas van die boom is kenmerkend. Die blare is grysgroen en word gedra aan klein takkies met dorings aan hulle punte. Die hout is van die swaarste timmerhout maar word min gebruik omrede dit so moeilik verwerk. Voordat metaal beskikbaar was, is skoffellemme van die hout gemaak.
-
Rue baspatroon -
Grysgroen loof -
Gekerfde Portugese kruis op 'n ou boom by Letaba -
Hardkoolbome – Bosveld, olie op doek, 1944
Hardekool | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. imberbe
|
Binomiale naam | |
Combretum imberbe |
Sien ook
wysigBronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hardekool.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Hardekool