Combretaceae
Combretaceae is die Combretum-familie wat hoort tot die orde Myrtales. Die familie is betreklik klein met omtrent 10 genera en 500 spesies wat wêreldwyd voorkom.[2] In Suid-Afrika is die genera Combretum en Terminalia die belangrikste.
Combretaceae | |
---|---|
Combretum constrictum | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Combretaceae R.Br., (1810)
|
Tipegenus | |
Combretum | |
Genera | |
10, sien teks.
| |
Sinonieme | |
|
Die genus Combretum het opvallende vrugte met vier vlerke en die genus Terminalia se vrugte het twee vlerke. Die genus Lumnitzera het geen vlerke nie. Al die genera het enkelvoudige blare met gawe of ongetande rande.
Genera
wysig- Combretum Loefl.
- Conocarpus L.
- Dansiea Byrnes
- Getonia Roxb.
- Guiera Adans. ex Juss.
- Laguncularia C.F.Gaertn.
- Lumnitzera Willd.
- Macropteranthes F.Muell. ex Benth.
- Strephonema Hook.f.
- Terminalia L.
Suider-Afrikaanse spesies
wysig- Bosvaderlandswilg (Combretum kraussii)
- Fluweelboswilg (Combretum molle)
- Hardekool (Combretum imberbe)
- Kierieklapper (Combretum hereroense)
- Riviervaderlandswilg (Combretum erythrophyllum)
- Sterkbos (Terminalia prunioides)
- Vaalboom (Terminalia sericea)
- Vlamklimop (Combretum microphyllum)
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Combretaceae. |
Verwysings
wysig- ↑ "Family: Combretaceae R. Br., nom. cons". Germplasm Resources Information Network. United States Department of Agriculture. 17 Januarie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2010. Besoek op 27 November 2010.
- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:77126653-1
Bron
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8