Vlamklimop
Die vlamklimop (Combretum microphyllum) is 'n struik of klimplant wat voorkom in die noorde van KwaZulu-Natal asook Eswatini, Limpopo en Mpumalanga. Die spesie is ook inheems in Botswana, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Vlamklimop | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Myrtales |
Familie: | Combretaceae |
Genus: | Combretum |
Spesie: | C. microphyllum
|
Binomiale naam | |
Combretum microphyllum Klotzsch, 1861
| |
Sinonieme | |
Die plant groei in alluviale grond van riviervalleie en rivieroewers. Die struik is bladwisselend en word tot 4 m hoog, hoewel dit in hoë bome hoër kan word. In steunbome rank en draai die lote om takke. Die bas is ligbruin en word later veselrig. Die blare is enkelvoudig, ovaalvormig en appelgroen. Die blaarrande is golwend. Die blommetjies is skarlakenkleurig. Suikerbekkies eet graag die nektar, terwyl kanaries en frette die knoppe eet.
Die boom se FSA-nommer is 545.[1]
Galery
wysig-
Groeivorm in die veld -
Blomme -
Vrugte
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vlamklimop.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Vlamklimop