Conophytum auriflorum
Conophytum auriflorum is 'n dwergplantjie, 'n knopie uit die vygies-familie. Op die SANBI-rooilys word twee in Suid-Afrika endemiese ondersoorte gegee wat altwee as seldsaam gelys is, omrede hulle net in beperkte gebiede in die sukkulente Karoo van die Noord-Kaap voorkom, maar daar nie bedreig word nie.
Conophytum auriflorum | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Conophytum |
Spesie: | C. auriflorum
|
Binomiale naam | |
Conophytum auriflorum Tischer, (1927)
|
Dit is dwergplante wat as klein suiltjies voorkom, en hulle is baie goed aangepas by die Karoo se droë klimaat. Die blomme is goudgeel soos die wetenskaplike naam auriflorum aandui. Hulle is gewild onder mense wat vetplante kultiveer, maar dit is nie maklik om hulle te kweek nie. In die winter groei hulle veral goed weens die mis wat vir hulle vog bring. Te veel vog laat hul velletjies bars en dit veroorsaak littekens. In die somer rus hulle en moet hulle baie min water kry.[1]
Subspesies
wysig- Conophytum auriflorum Tischer subsp. auriflorum[2] naby Komaggas.
- Conophytum auriflorum Tischer subsp. turbiniforme (Rawé) S.A.Hammer[3] op die Spektakelpas naby Springbok, Noord-Kaap.
Galery
wysigVerwysings
wysig- ↑ "llife" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2019. Besoek op 25 Oktober 2016.
- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020.
- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2017.