Consolidated B-32 Dominator
Die Consolidated B-32 Dominator (Consolidated Model 34) was 'n Amerikaanse swaar en strategiese bomwerper wat ontwikkel en gebou is vir Amerikaanse Leër Lugmag gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig was die laaste vliegtuig wat in aksie was tydens die oorlog wat ook gelei het tot die laaste slagoffer in die lugoorlog gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig was ontwikkel deur Consolidated Aircraft in parallel met die Boeing B-29 Superfortress as 'n maatreël ingeval die B-29 nie suksesvol was nie.[1] Die B-32 het die oorlogsteater in die Stille Oseaan eers in die middel van Mei 1945 bereik en was gevolglik min gebruik vir gevegs operasies teen Japanese teikens voordat hulle oorgegee het op 2 September 1945. Die meeste van die bestaande bestellings van die B-32 is kort daarna gekanselleer en slegs 118 B-32-vliegtuie van alle soorte is gebou.
Consolidated B-32 Dominator | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Consolidated Aircraft |
Nooiensvlug | 7 September 1942 |
Bekendstelling | 27 Januarie 1945 |
Onttrek | 30 Augustus 1945 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | United States Army Air Forces |
Vervaardig | 1944–1945 |
Aantal gebou | 118 |
Ontwikkel van | Consolidated B-24 Liberator |
Verwysings
wysig- ↑ Jones 1974, p. 106.