Vaalmol
(Aangestuur vanaf Cryptomys hottentotus)
Die vaalmol (Cryptomys hottentotus) is 'n mol wat in die hele Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en noord-oostelike Namibië voorkom. Die mol staan ook bekend as die vaaltandmol of knaagdiermol.
Vaalmol | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. hottentotus
|
Binomiale naam | |
Cryptomys hottentotus (Lesson, 1826)
|
Voorkoms
wysigDie knaagdier se kleur wissel van liggrys tot donkergrys met 'n wit bles op die voorkop. Die dier word tot 15 cm lank en weeg 100 tot 150 g.
Habitat en gewoontes
wysigHulle verkies sanderige grond en ook ander grond, buiten klei. Die diertjie lewe in groepies in ondergrondse gate en hope uitgestote grond verklap hul teenwoordigheid. Daar word tot 5 kleintjies enige tyd in die jaar bore. Hulle eet bolle, wortels, lote en ondergrondse graslote.
Sien ook
wysigBron
wysig- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vaalmol.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Vaalmol