Cullumia pectinata
Plantspesie
Cullumia pectinata is 'n struik wat tot die Asteraceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom in die Bokkeveldberge voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 128 km² en daar is tans sewe subpopulasies bekend. Die plant het reeds 30% van sy habitat aan die verbouing van Rooibos afgestaan die afgelope 15 jaar. Hierdie bedreiging bestaan steeds en daar word vermoed dat die verlies aan habitat gaan vererger.
Slangdissel | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Cullumia |
Spesie: | C. pectinata
|
Binomiale naam | |
Cullumia pectinata Less., 1832
| |
Sinonieme | |
|