Cyclopia longifolia
plantspesie
Die vanstadensbergheuningbostee (Cyclopia longifolia) is 'n struik wat hoort tot die genus Cyclopia. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en kom in die Van Stadensrivierberge voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 31 km² waarin daar slegs drie gefragmenteerde subpopulasies oor is nadat plantasies aangelê is. Die plant is deel van die fynbos en word verder bedreig deur indringerplante en onbeheerde brande.
Vanstadensbergheuningbostee | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Cyclopia |
Spesie: | C. longifolia
|
Binomiale naam | |
Cyclopia longifolia Vogel, (1836)
| |
Verspreidings-kaart |
Die boom se FSA-nommer is 224.2.[1]