Groot Rif
Die Groot Rif of Donker Rif is in sterrekunde ’n reeks oorvleuelende, donker molekulêre stofwolke tussen die Sonnestelsel en die Carina-Sagittarius-arm van die Melkweg, op ’n afstand van sowat 300 ligjare (3×1015 kilometer) van die Aarde af. Die wolke bevat na raming sowat ’n miljoen sonmassas plasma en stof.[1]
Eienskappe
wysigMet die blote oog lyk die Groot Rif soos ’n donker streep wat die helder strook van die Melkweg in die lengte verdeel, deur ’n derde van sy inhoud, met stroke helder sterre weerskante.[1]
Dit begin by die sterrebeeld Swaan, waar dit as die Cygnus-rif bekend is. Van daar strek dit tot by die Arend; tot by die Slangdraer, waar dit breër word; tot by die Boogskutter, waar dit die middel van die Melkweg verberg; en eindelik tot by die Sentour. Een van die belangrikste gebiede wat dit verberg, is die Cygnus OB2-assosiasie, ’n groot sterreswerm van jong sterre en een van die grootste stervormingsgebiede naby die Aarde. Soortgelyke donker stroke kan gesien word in ander sterrestelsels, soos NGC 891 in die sterrebeeld Andromeda.[2]
Galery
wysig-
’n Wyehoekbeeld van die Melkweg naby die Swaan waarop die Groot Rif duidelik gesien kan word.
-
Die Melkweg en Groot Rif, met die Baie Groot Teleskoop in Chili op die voorgrond.
-
’n Geheimsinnige ring naby die middel van die Melkweg wat bestaan uit baie digte gas en stof.
-
Die sterrestelsel NGC 891 in die sterrebeeld Andromeda, wat omring word deur ’n ewe donker strook.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Great Rift: Dark area in the Milky Way 2010 EarthSky Communications. Besoek in Junie 2010
- ↑ Pitts, Sam. "NGC 891 Edge on Galaxy (HV19)". Sams Astro (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2016. Besoek op 25 April 2009.
Eksterne skakels
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia