Darius I van Persië

(Aangestuur vanaf Dareios I van Persië)

Darius I of Darius die Grote was die derde keiser van die Achaemenidiese Ryk. Hy het oor die ryk regeer tydens die hoogtepunt daarvan, onder meer oor Egipte en dele van Griekeland. Die verval en val van die ryk het begin met sy dood en die kroning van sy seun, Ahasveros.[1]

Darius I van Persië
Koning van konings van Persië
Darius I van Persië
Darius I van Persië
Vorstehuis Achaemenidiese dinastie
Titels Groot Koning (Sjah) van Persië
Farao van Egipte
Regeer September 522 v.C. – Oktober 486 v.C.
Volle naam Dārayava(h)uš
Voorganger Bardija
Opvolger Xerxes die Grote
Gebore 550 v.C.; Persië
Oorlede Oktober 486 v.C.; Persië
Begrawe Naqsh-e Rustam
Eggenoot Atossa
Vader Hystaspes
Moeder Rhodogune
Godsdiens Zoroastrisme

Darius het die troon bestyg deur 'n sluipmoord uit te voer op die vermeende troonrower Bardija met die bystand van ses ander Persiese adelfamilies; Darius is die volgende oggend gekroon. Die nuwe keiser het las gehad van opstande dwarsdeur sy ryk, maar het telkens daarin geslaag om dit te onderdruk. 'n Hoofepisode in die lewe van Darius was sy strafekspedisie teen die stede Athene en Eretria, en die onderwerping van Griekeland. Hy het sy ryk uitgebrei deur oorwinnings oor Thracië en Masedonië, die Saka en Irannese stamme wat Medië binnegeval het.

Darius het die ryk georganiseer deur dit in provinsies onder te verdeel, waaroor elk 'n regerende goewerneur aangestel is. Hy het 'n nuwe geldstelsel ingevoer, asook Aramees ingestel as die amptelike taal van die ryk. Darius het ook bouprojekte aangevoor dwarsdeur die ryk, met die fokus op Soesa, Babilon en Egipte. Darius het 'n regstelsel vir Egipte laat opstel. Hy het verder die Behistoen-inskripsie op 'n kranswand laat uitkerf, 'n outobiografie wat van groot moderne taalwetenskaplike belang is.

Verwysings

wysig
  1. "Achaemenid Dynasty". Encyclopedia Iranica. Besoek op 29 September 2009.
Darius I van Persië
Gebore: 550 v.C. Oorlede: 486 v.C.
Voorafgegaan deur
Bardija
Groot koning (sjah) van Persië
522 v.C.–486 v.C.
Opgevolg deur
Xerxes die Grote
Farao van Egipte
522 v.C.–486 v.C.