Maak hoofkeuseskerm oop

Die dassievoël (Thamnolaea cinnamomeiventris) is 'n voël in die familie van vlieëvangers (Muscicapidae) in die orde van sangvoëls (Passeriformes). Die spesie het vroeër aan die familie van lysters behoort. In Engels staan die voël as die Mocking Cliff-Chat bekend.

Dassievoël
'n Wyfie in die Pilanesbergwildreservaat, Suid-Afrika
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Muscicapidae
Subfamilie: Saxicolinae
Genus: Thamnolaea
Spesie: T. cinnamomeiventris
Binomiale naam
Thamnolaea cinnamomeiventris
(Lafresnaye, 1836)
Sinonieme

Myrmecocichla cinnamomeiventris

Die voël is 'n algemene, maar gelokaliseerde, standvoël wat op kranse en rotsbelaaide heuwelhange en klowe leef.

IdentifikasieWysig

Die voël is 22 cm lank en weeg 46 tot 53 gram. Die mannetjie is blinkswart met 'n helder, kastaiingbruin pens, fondament en kruis, en wit skouervlekke. Die wyfie het 'n donkergrys rugkant en die borskant is kastaiingbruin. Die jong voël lyk soos die wyfie maar is net valer.

Hulle woon in familiegroepe of pare saam en soek ook kos op die grond.

 
'n Mannetjie in Suid-Afrika.

Sien ookWysig

BronnelysWysig