Deirdre Wolhuter
Deirdre Wolhuter (geb. in Kanada) is 'n Suid-Afrikaanse TV-, rolprent- en verhoogaktrise. In 1989 het sy haar diploma in spraak en drama aan die Universiteit van Kaapstad behaal. Sy is die dogter van 'n Afrikaanse pa en 'n Kanadese ma en sy is volkome tweetalig (Afrikaans en Engels). Haar man is die akteur en skrywer Jonathan Pienaar.
Deirdre Wolhuter | |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
---|---|
Lewensmaat | Jonathan Pienaar |
Alma mater | Universiteit van Kaapstad |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Op die verhoog het sy baie rolle vertolk, byvoorbeeld in Buitepos, King Lear, Kringe in 'n bos, Macbeth, Die man met die dertien kinders, The Tempest.
Rolprente waarin sy optree is onder andere The Crane Man, Hoe duur was de suiker, Hollywood in my huis, Jimmy in pienk, 'n Pawpaw vir my darling en Vir altyd.
Onder Wolhuter se karakters op TV is Franci Roos in Fluiters, Elsabet Langhans in Meeulanders en sedert 2016 Mariaan, die ma van die welgestelde Welman-familie, in SAUK2 se reeks 7de Laan.
In 2006 het sy 'n Micheal Mac Liammoir toekenning gekry vir haar rol in die toneelstuk Happy Endings Are Extra.