Delosperma calitzdorpense
Plantspesie
Delosperma calitzdorpense is 'n meerjarige sukkulent wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Calitzdorp voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van slegs 250 km² en daar is twee subpopulasies oor aangesien die plant reeds 50% van sy habitat afgestaan het aan volstruisboerdery en gewasverbouing. Die bedreiging hou steeds aan.
Delosperma calitzdorpense | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Delosperma |
Spesie: | D. calitzdorpense
|
Binomiale naam | |
Delosperma calitzdorpense L.Bolus, (1950)
|