Demi-Leigh Nel-Peters

Suid-Afrikaanse Model, Mej Heelal 2017

Demi-Leigh Tebow (née Nel-Peters, gebore 28 Junie 1995) is op Sondag 26 Maart 2017 in die Sun City Superbowl as Mejuffrou Suid-Afrika 2017 aangewys. Die geleentheid is op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai.[1][2]

Demi-Leigh Nel-Peters
Demi-Leigh Nel-Peters as Mej. Heelal 2017
Demi-Leigh Nel-Peters as Mej. Heelal 2017
Gebore 28 Junie 1995 (1995-06-28) (29 jaar oud)
Plek Sedgefield, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Geboortenaam  Demi-Leigh Nel-Peters
Beroep Model
Alma mater Noordwes-Universiteit
Loopbaan
Titel(s) Mejuffrou Suid-Afrika 2017
Mej. Heelal 2017
Haarkleur Bruin
Oogkleur Groen
Lengte 1,70 m

Demi-Leigh Nel-Peters het die kroon voor 11 ander finaliste, 25 ander deelnemers en meer as 900 inskrywings weggeraap. Sy het Suid-Afrika in 2017 by die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig, waar sy op 26 November as die wenner aangewys is. Sy is die tweede Suid-Afrikaanse Mej. Heelal-wenner ná Margaret Gardiner in 1978. Demi-Leigh Nel-Peters het Suid-Afrika ook in die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig.

Sy is deur Mejuffrou Suid-Afrika 2016, Ntandoyenkosi Kunene, gekroon.

Nel-Peters is op 28 Junie 1995 in Sedgefield gebore, dogter van Bennie Peters en Anne-Marie Steenkamp.[3] Sy het aan die Noordwes-Universiteit gegradueer in Maart 2017, net 'n paar dae voor sy die Mej. Suid-Afrika 2017 kompetisie gewen het. Sy is vlot in beide Afrikaans en Engels.

Verwysings

wysig
  1. (en) MISS SA 2017 SEMI-FINALISTS REVEALED. URL besoek op 28 November 2016.
  2. (en) Miss South Africa 2017 semi-finalists revealed – PHOTOS. URL besoek op 28 November 2016.
  3. JK, Morne (27 Maart 2017). "Who is Demi-Leigh Nel-Peters". Jacaranda FM.

Eksterne skakels

wysig
Toekennings en prestasies
Voorafgegaan deur
  Iris Mittenaere
Mejuffrou Heelal
2017
Opgevolg deur
  Catriona Gray
Voorafgegaan deur
Ntandoyenkosi Kunene
Mejuffrou Suid-Afrika
2017
Opgevolg deur
Tamaryn Green